It is scary how transient our world is…

Hoe baie het alles nie verander nie.

Ek het nie geweet wat “transient” beteken nie, moes dit gaan google.

Hoe intens, hartseer, amazing, depressing, interressant, kwaad, dankbaar, leersaam, sag, geirriteerd, deernisvol, geliefd, gehaat, aggressief, sag, hartseer…trots was die laaste 6 maande van ons lewe.

Die lewe / Liewe Jesus het my hard aarde toe gebring. My laat besef wat is belangrik, wat is ydel. Wie is jou vriende. Wie is jou familie. Wie staan saam jou. Op wie se knoppie kan jy druk 22hoo in die nag. Wie bid vir jou. Wie is so donners onbeskaamd nuuskierig, wie is my “inner circle”. Wie verstaan…wie het nie die vaagste benul wat aangaan nie. Sommige baie slim, maar ongelooflik dom…ander net daar in die agtergrond steunpilare.

Op party mense se knoppies het ek gedruk in my uur van nood…hulle het dit ignoreer, ek aanvaar dit so – hulle is opgevang in hulle eie “demons”. Sterkte met daai…

Ander mense…was daar. Elke oomblik! Kalm…paniekerig. Eendag gaan ek dit “pay foward”. Ek sal jou kinders met alles in my beskerm. Ek sal hulle lief hê…en vir hulle vertel hoe awesome mens hulle ma was. Jou ma kon nooit jou awesome moederskap bewonder nie. Die sterk vrou wat jy is, iets weerhou haar om haar hart oop te maak vir jou. Dis nie jy nie…dis sy!

Julle moes altyd hoor hoe sleg julle pa is. Tog, die dag wat hy met ‘n rooi gehuilde gesig uit Deon se ICU kamer gestap het, het ek ‘n ander kant van die geharde man gesien. ‘n Skoonpa vir wie ek baie lief geword het in die laaste 6 maande. Wat ‘n awesome man…as jy tyd maak om hom beter te leer ken. Sy storie…sy hartseer kinderdae. ‘n Pa om op trots te wees. ‘n Broodwinner.

My man…jy het ‘n tweede kans gekry. Alhoewel jy dit nog nie so sien nie. Jou kinders het hardop gebid en baie beloftes aan die Here gemaak om hulle pappa asseblief net te laat lewe. Jy is gespaar.

Jou kinders lewe hul beloftes uit. Ons grootste blessing. Skielik gedwing om volwassenes te wees.

Elke dag wat ek langs jou wakker word is ‘n blessing. Tree vir tree. Small steps.

Ons is “transient”. ❤️

7 thoughts on “It is scary how transient our world is…”

  1. Afrika Roos, my hart klop warm as ek aan jou en jou gesin dink. Jy en die kinders wat so sterk moes bly midde – in die chaos, midde-in die verlammende ding wat gebeur het. Jy skryf oor skoonpa…?❤

    Like

    1. Dankie Una. Skoonpa pas sy seun so op. Daar is so mooi sagte kant aan pa. Skielik besef ek hy vloek nooit nie? Hy sit vir Deon en kyk dan rol die trane net oor sy wange.
      Nou dat ons redelik baie tyd saam spandeer begin hy om ons te vertel van sy kinderdae. Ons weet so min van hom. 🤗

      Like

  2. Dis die groot hartseer. Ons weet so min van mekaar. daarom dat ons so maklik vir ander mense jasse aantrek. Dan kom die dag dat daai een die jas uittrek, en jy sien wat hy onder aan het….So mooi en hartseer

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s