Die ginekoloog

Dis in Augustus 5 jaar sedert Mirena “ingeplant”is. Ek was bang! Skoonsus sê die ding word net ingesit sonder verdowing as mens normaal geboorte gegee het. Wel my kinders was keisers…maar dit het nie ‘n ginekoloog oppad Australie toe gekeer om sommer die joppie tjoef tjaf in haar spreekkamer te doen. Ek dog ek vrek. Ry in skok huis toe en kan nie glo wat gebeur het nie! Gevoel soos ‘n kat wat haar kloue in my baarmoeder ingeslaan het….en nou is dit 5 jaar later.

Gaan haal die boks wat amper so groot soos ‘n skoendoos is…die ou omie by apteek sien die skok op my gesig…weer. Hy sê ek moenie stres nie die “ding” is darem nie so groot nie. Nuwe ginekoloog sukkel om ou een te verwyder ek moet teater toe. Deur haar 2 probeerslae sê ek niks…geen piep uit my snoet.

Ek daag Woensdag oggend 5uur op (met my kar) vir my “prosedure” . As ek teen 11uur uit teater is behoort ek my prinses 2uur by skool te gaan haal. Self. Ginekoloog se breinchirurg ontvangsdame skryf GROOT in ROOI agter my opnamevorm:5.30am. Ek word na kamer geneem, stupid rokkie gegee…vorms invul ens ens. Suster sê hulle doen gou ander geval, teater kom my so 7.30 haal. Ek is kalm. 10uur lê ek steeds daar…my kop is moer seer ek vrek van die honger en ek stres nou moertoe! Dis ook nie snaaks om vir 5ure jou bene so styf toe te knyp dat jou kniee al begin kramp nie…uit vrees. Ek vra die suster 10.30am wanneer kom teater my haal?

Mam didn’t they tell you to come in at 12? Ek sê wat? Waar is die ginekoloog? Madam spreek pasiente hulle het gesê ek moet eers 12 uur inboek. En net daar vererg hierdie wit vrou in ‘n swart land haarself ERG! Suster wil nog ginekoloog bel…no need ek maak dat ek wegkom, met spoed. Ek het ook werk om te doen! Belangrike werk…en so vlieg ek daar uit, skoendoos terug in my handsak.

Ek sal seker oor so 3 weke moed bymekaar skraap en ander ginekoloog gaan sien. Een wat nie “breinchirurg” ontvangsdame het nie. Dis tog die toonbeeld van jou praktyk? Die vrou moet kan spel, pasiente inboek, dalk bel om tye te verander, glimlag, dink,organize…..ag nee man.

En toe bel ek manlief en gil hy moet maar plan maak want ek gaan NOOIT nie weer deur die strorie nie. En hoekom kan hy nie net vir EEN dag iets vir my doen nie? Ek wou nie daar lê en stres oor hoe my kind by die huis gaan kom nie…en guess what pappa het gaan werk…hy hoef nie te gegaan het nie…maar hy het. Sy mond 10 bar gepomp omdat hy prinses by skool moes gaan aflaai…kan jy nou dink as hy my by hospitaal moes aflaai? Ek is sommer nou nog dik vir hom.

Ek is afgesit van die onprofessionele etiek in ons hospitale en hoe min die mediese professie ons ander mense se tyd ag.

14 thoughts on “Die ginekoloog”

  1. Ek is baie jammer dit het so rof gegaan met jou, en dat niemand jou gesê het dat dit pynlik is nie. Ken glad nie meer van hulle in SA nie, maar hoop die volgende een is meer simpatiek. En ek moet sê, ek het nog nooit ‘n meer akkurate beskrywing gelees van hoe dit voel wanneer mense in jou cervix karring nie. Sterkte en as ek naam hoor laat ek weet

    Like

    1. Baie dankie waardeer…ek het geweet dis seer maar niks kon my voorberei vir daai pyn nie. Gelukkig vergeet mens gou.

      Like

  2. Ek sien nou my kommentaar hier is heeltemal weg… My oë was lekker groot toe ek lees wat jy skryf. Ek het jare terug iets soos ñ copper-T laat insit, lewendig, en amper doodgegaan van pyn en skok. So ja, laat manlief plan maak.xxx

    Like

  3. Na 5 jr van gedurige infeksies was ek lus om myne self aan sy stringetjie uit te ruk. Ma ek het toe mmaar die jobbie vur die gine gegee en vir hom gevra om die buise af te bind. Dit is ook so 3dae ongemaklik, maar daarna baie lekker- geen alien objects meer nie!

    Like

Leave a comment