Tot siens 2020

So baie van wat elke dag in 2020 gebeur het is neergepen. Dan 2 maande later gaan lees ek…ai genade dis tog so dramaties en emosioneel ~ so bly dis nooit gepost nie. Laagste oomblikke, kwaadstes, seerstes, snaakse oomblikke, hartseerste tye, trotse tye, planne, uitdagings.

‘n Liedjie wat my 2020 beskryf:weet nie Johannes Kerkorrel se Hillbrow song se woorde maal hele tyd in my kop: En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Hillbrow beskryf my geestelike welstand in 2020. Maar dis nou verby!

All is well with my soal. Is nou in `n goeie plek in my lewe. Ja daar is stres en bekommernisse…niks wat ons nie kan hanteer nie.

Ek hou ‘n handjie vol hartsmense oor. Dis genoeg vir my. Solank my man en kinders gelukkig is, kan ek berge versit. 2021 gaan baie goed in ons lewe verander. Uiteindelik is ons op dieselfde bladsy. Ek kan nie wag om die groot trek en nuwe lewe saam Deon aan te pak nie. Ek is weereens ongelooflik dankbaar dat Deon gespaar is…vir my en ons kinders. Niks en niemand anders maak saak nie.❤️ behalwe die handjie voo hartsmense…hulle maak ook saak.💕

Sponsored Post Learn from the experts: Create a successful blog with our brand new courseThe WordPress.com Blog

Are you new to blogging, and do you want step-by-step guidance on how to publish and grow your blog? Learn more about our new Blogging for Beginners course and get 50% off through December 10th.

WordPress.com is excited to announce our newest offering: a course just for beginning bloggers where you’ll learn everything you need to know about blogging from the most trusted experts in the industry. We have helped millions of blogs get up and running, we know what works, and we want you to to know everything we know. This course provides all the fundamental skills and inspiration you need to get your blog started, an interactive community forum, and content updated annually.

Afrika Roos…people pleaser?

Wragtag hoe kon ek ooit droom ek is ‘n Afrika Roos??? Haha…dalk meer iets wat rym met ROOS.

Waarom staan ek terug sodat mense oor my loop? En dan sê ek nog “ag sorry” ook? Hoekom kry my manlike kollegas groot bonusse? Hoekom moet ek altyd gaan vra vir dit wat my toekom? As vrou werk ek maklik die hardste van al my manlike kollegas. Die shit gaan einde kry!

Kamstige vriendinne wat sulke seer aanmerkings maak teenoor my, dan is ek so geskok dat ek nie ‘n lelike woord kan terug sè nie…dis ongevraagd, onverdiend en dit maak seer. Ek het haar nog altyd met deernis en respek behandel? Daai selfde aand in die bed sal ek stoei met myself omdat ek haar nie gekonfronteer het nie. Sy het beslis nie uit liefde haar kommemtaar gelewer nie. Pleks ek haar net daar sê sy is nie ‘n vriendin se gat werd nie. En dan sommer ook die twee Judas “vriendinne” wat saam ons is wat so lekker langs haar loop en haar paai… ek weet julle is vals vriendinne maar ek humor julle want ek is ‘n beter mens!!!

Ek maak vriende met ‘n hengse dinamiese, inspirational ou wie se besigheid reg langs manlief se rehab is. Natuurlik slaan ek eers my naam met een moeviese plank…ek wag in kar terwyl manlief rehab. Skielik staan die ou langs my venster. Ek skrik my gat af en wys vir hom: Nee dankie ek wil niks koop nie (lees….voertsek…). Tog hou hy aan, eventueel maak ek maar venster oop. Hy sê ; mevrou jy ry my droom kar. ..en daar maak ek ‘n nuwe vriend. Dinamies. Slim. Inspirational. Met vrouedag stuur hy vir my so inspirerende boodskap. Hy eindig die boodkap met: Annerie, Claim Your Power Always!
Net daar besef ek, ek, dom drol roos gee my Power weg…altyd. Aan undeserving arseholes! Dit stop nou! NOU!
Ek is ‘n baie sterk vrou, emosioneel. As die mense vir wie ek so hard baklei nie verstaan nie…wel ek is jammer as ek alles verkeerd doen. Jammer as dit jou nie pas nie. Jammer as jy voel ek tas jou waardigheid aan. Soos gewoonlik het ek nie gedink nie en mag ek nie praat oor hoe ek voel nie. Alles gaan oor almal om my…hoe ek voel en hoe ek dinge verwerk is nie bekangrik nie.

Geniet die ride…maar weet dit…Ek sien alles, hoor alles, praat alles (jammer tog – groot skande). Ek is nie stupid nie. Ek is net ek…’n people pleaser wat binnekort haar Power gaan Claim.

Roos is besig om te verlep…in haar plek kom iets baaaaaaie sterker.

Dink ek het bg nie gepost nie? Baie het intussen gebeur😉

 

 

 

It is scary how transient our world is…

Hoe baie het alles nie verander nie.

Ek het nie geweet wat “transient” beteken nie, moes dit gaan google.

Hoe intens, hartseer, amazing, depressing, interressant, kwaad, dankbaar, leersaam, sag, geirriteerd, deernisvol, geliefd, gehaat, aggressief, sag, hartseer…trots was die laaste 6 maande van ons lewe.

Die lewe / Liewe Jesus het my hard aarde toe gebring. My laat besef wat is belangrik, wat is ydel. Wie is jou vriende. Wie is jou familie. Wie staan saam jou. Op wie se knoppie kan jy druk 22hoo in die nag. Wie bid vir jou. Wie is so donners onbeskaamd nuuskierig, wie is my “inner circle”. Wie verstaan…wie het nie die vaagste benul wat aangaan nie. Sommige baie slim, maar ongelooflik dom…ander net daar in die agtergrond steunpilare.

Op party mense se knoppies het ek gedruk in my uur van nood…hulle het dit ignoreer, ek aanvaar dit so – hulle is opgevang in hulle eie “demons”. Sterkte met daai…

Ander mense…was daar. Elke oomblik! Kalm…paniekerig. Eendag gaan ek dit “pay foward”. Ek sal jou kinders met alles in my beskerm. Ek sal hulle lief hê…en vir hulle vertel hoe awesome mens hulle ma was. Jou ma kon nooit jou awesome moederskap bewonder nie. Die sterk vrou wat jy is, iets weerhou haar om haar hart oop te maak vir jou. Dis nie jy nie…dis sy!

Julle moes altyd hoor hoe sleg julle pa is. Tog, die dag wat hy met ‘n rooi gehuilde gesig uit Deon se ICU kamer gestap het, het ek ‘n ander kant van die geharde man gesien. ‘n Skoonpa vir wie ek baie lief geword het in die laaste 6 maande. Wat ‘n awesome man…as jy tyd maak om hom beter te leer ken. Sy storie…sy hartseer kinderdae. ‘n Pa om op trots te wees. ‘n Broodwinner.

My man…jy het ‘n tweede kans gekry. Alhoewel jy dit nog nie so sien nie. Jou kinders het hardop gebid en baie beloftes aan die Here gemaak om hulle pappa asseblief net te laat lewe. Jy is gespaar.

Jou kinders lewe hul beloftes uit. Ons grootste blessing. Skielik gedwing om volwassenes te wees.

Elke dag wat ek langs jou wakker word is ‘n blessing. Tree vir tree. Small steps.

Ons is “transient”. ❤️

Suide van Frankryk

I am back!

2 dae spandeer in Parys…alles asemrowend maar daai “wow” ek hoort hier” oomblik nog nie ondervind nie.

Is nou êrens op Canal du midi saam manlief, oms kinders en sy broer en sy vrou en kinders…en ewe skielik verlang ek my dood na my Lisa en Claudio en hul gades en kids

❤️

My geskenke van ander mammas

Met die twee ewe-oud “kinders” loop daar ‘n baie fyn draad wat so subtiel deur my hart geweef is. Die twee is nie op my pad geplaas deur toeval nie…hierdie twee het al hulle eie gesinne, maar vir een of ander rede bly hulle altwee ‘n deel van my.

Die tweetjies was ons strooijonker en strooimeisie op ons troue 22 jaar gelede…ek onthou hoe Una besluit het om self vir haar oudste 2 dogters die pragtigste groen rokkies te maak sodat hulle ook spesiaal kon voel…die pragtigste 3 poppies.

1. toevallig is ons troudag ook ons strooijonkertjie Claudio (my sus se oudste seun) se verjaarsdag…’n volle 7 jaar oud. Ons is glad op 1 April getroud…langste April fools grappie van my man se lewe.

2. Strooidogtertjie en ek verjaar op PRESIES dieselfde dag…hoe ouer sy word hoe meer besef ek….ons is dieselfde..soms vertel sy my iets dan rys my nekhare…want dit is presies hoe ek was op haar ouderdom. Ons bespreek elke week se This is Us en besluit dan hoe dit op ons van toepassing is. Ek kan sien sy is sag…ek was ook so. Ek kan sien sy het ambisie…so besonderse jong vrou. Maar diep binne-in ons altwee…die over-thinking!

3. Strooidogtertjie en haar man is op my man se verjaarsdag getroud…

Die naweek stap manlief weg met sy ouboet se jongste kleinseun (doodgelukkig in sy arms). Op daai oomblik het ek geweet manlief praat met ouboet. Die tweetjies was lank weg…kleinseun so gelukkig en rustig in sy oom se arms. Doonsie mis sy ouboet erg.

Ek wens ek het my man gedruk om vrede met sy broer te maak. Ek wens ons het net stil gebly en hom ondersteun. Hy was my ouboet. Ons het almal so opgekyk na hom…ons was lief vir hom…ongelukkig was ouboet hardkoppig. Baie soos my eie pa. As hy kwaad is vir iemand dan mag niemand meer met daai persoon praat nie. Pleks het ons dit maar gedoen…

Strooijonker het al moeilike tye in sy lewe gehad…baie jonk deur ‘n hartskeurende egskeiding. Later besluit hy dat hy gan bedank by sy werk…en sy tannie ondersteun hom onmiddelik! Praat hom moed in. As jy nie gaan waag nie gaan jy nie wen nie! Bly positief…klink gelukkig…Die pragtige boodskap wat hy op sy troue die 16de Junie vir ons stuur het my in trane gehad…

Strooijonker en strooimeisie is deel van my en manlief. Onlosmaaklik…geliefd.

Dalk moet ons op een of ander April foolsday my man en blommemeisie en strooijonker bymekaar kry….dis immers ‘n huweliksherdenking en verjaarsdag…

Die bos roep

Afrika roep my! Ek hoor hoe sy saggies in die nag deur my gedagtes weef met ‘n fluister wat net ‘n kind van Afrika ken…kom huis toe…My siel hunker na die stilte. Die “gevoel”. Die saligheid.

En so is hierdie dan my gunsteling gedig om die fluister roep te beskryf:

Helikopter mamma nagevolge

Ja ek is ‘n helikopter ma!

Wat is die impak van my “hovering” op ons kinders? Meer spesifiek op my seun wat gekies het om vêr weg van die huis te gaan studeer? Bly in privaat koshuis – wat eintlik nes ‘n woonstel is omdat daar geen koshuis aktiwiteite is nie. Seun hou daarvan om leiding te neem. Hy hou daarvan om uit te staan. Om “hoofseun” te wees. Natturlike leier. As hy praat luister die res…sonder om baasspelerig te wees. Kan met gemak voor gehoor praat en sing. Voete plat op die aarde. Selfgedrewe. Hardwerkend. Slim. Ordentlik. Sjarmant. Sexy. Mense mens. Al die regte boksies gemerk…en toe gaan studeer hy!

Sy punte is nie wat ek verwag het nie? Het gedink al sy vakke sal dan ten minste bo 60 wees? Hy leer homself des moers. Tog het hy 49 vir 2 onbenullige vakke? Die ander vakke lyk heel goed. Sy oë vertel hoe teleurgesteld hy in homself is. My hart bloei…

Seun het in 2017 gaan NBT toets skryf soos wat universiteit vereis. Die uitslag was heel gemiddeld – wat eintlik in plain afrikaans beteken dat sy uitslae reg sal wees om universiteit toe te kan gaan MAAR hy gaan hulp nodig hê…helikopter ma het graag gehelp. Veral met take. En rondry vir extra klasse. Ek vermoed seun besef nie hy sal tutor moet kry nie? Hy dink dalk dis soos om te erken jy sukkel met die aanpassing van skool na universiteit?

As hy in ‘n koshuis was sou hy dalk makliker aangepas het met die regte leiding en raad van seniors….ek verwyt myself omdat ek hom van koshuis waglys afgehaal het. Helikopter ma moet mos alles vooruit beplan en reel…om nog nie koshuis plek te hê 2 weke voor eerstejaars moet aanmeld het my mal gemaak.

Daar is nie omdraai kans nie. Seun mis sy sussie, ouers, kos, huis, vriende…maar ons gaan nou moet vasbyt en deurdruk…bietjie “tough love”. Hy wil studeer. Hy wil ‘n student wees. Ek weet net nie hoe om hom te help nie. Helikopter ma kan nie oor haar seun hover om hierdie probleem op te los nie. Dalk is die ergste aanpassing nou agter die blad? Hy weet wat om te verwag wanneer hy 2 de semester aanpak.

Oorreageer ek? https://www.merriam-webster.com/dictionary : overreacting is an intransitive verb…to respond to something with too strong an emotion or with UNNECESSARY or EXCESSIVE action.

Die ginekoloog

Dis in Augustus 5 jaar sedert Mirena “ingeplant”is. Ek was bang! Skoonsus sê die ding word net ingesit sonder verdowing as mens normaal geboorte gegee het. Wel my kinders was keisers…maar dit het nie ‘n ginekoloog oppad Australie toe gekeer om sommer die joppie tjoef tjaf in haar spreekkamer te doen. Ek dog ek vrek. Ry in skok huis toe en kan nie glo wat gebeur het nie! Gevoel soos ‘n kat wat haar kloue in my baarmoeder ingeslaan het….en nou is dit 5 jaar later.

Gaan haal die boks wat amper so groot soos ‘n skoendoos is…die ou omie by apteek sien die skok op my gesig…weer. Hy sê ek moenie stres nie die “ding” is darem nie so groot nie. Nuwe ginekoloog sukkel om ou een te verwyder ek moet teater toe. Deur haar 2 probeerslae sê ek niks…geen piep uit my snoet.

Ek daag Woensdag oggend 5uur op (met my kar) vir my “prosedure” . As ek teen 11uur uit teater is behoort ek my prinses 2uur by skool te gaan haal. Self. Ginekoloog se breinchirurg ontvangsdame skryf GROOT in ROOI agter my opnamevorm:5.30am. Ek word na kamer geneem, stupid rokkie gegee…vorms invul ens ens. Suster sê hulle doen gou ander geval, teater kom my so 7.30 haal. Ek is kalm. 10uur lê ek steeds daar…my kop is moer seer ek vrek van die honger en ek stres nou moertoe! Dis ook nie snaaks om vir 5ure jou bene so styf toe te knyp dat jou kniee al begin kramp nie…uit vrees. Ek vra die suster 10.30am wanneer kom teater my haal?

Mam didn’t they tell you to come in at 12? Ek sê wat? Waar is die ginekoloog? Madam spreek pasiente hulle het gesê ek moet eers 12 uur inboek. En net daar vererg hierdie wit vrou in ‘n swart land haarself ERG! Suster wil nog ginekoloog bel…no need ek maak dat ek wegkom, met spoed. Ek het ook werk om te doen! Belangrike werk…en so vlieg ek daar uit, skoendoos terug in my handsak.

Ek sal seker oor so 3 weke moed bymekaar skraap en ander ginekoloog gaan sien. Een wat nie “breinchirurg” ontvangsdame het nie. Dis tog die toonbeeld van jou praktyk? Die vrou moet kan spel, pasiente inboek, dalk bel om tye te verander, glimlag, dink,organize…..ag nee man.

En toe bel ek manlief en gil hy moet maar plan maak want ek gaan NOOIT nie weer deur die strorie nie. En hoekom kan hy nie net vir EEN dag iets vir my doen nie? Ek wou nie daar lê en stres oor hoe my kind by die huis gaan kom nie…en guess what pappa het gaan werk…hy hoef nie te gegaan het nie…maar hy het. Sy mond 10 bar gepomp omdat hy prinses by skool moes gaan aflaai…kan jy nou dink as hy my by hospitaal moes aflaai? Ek is sommer nou nog dik vir hom.

Ek is afgesit van die onprofessionele etiek in ons hospitale en hoe min die mediese professie ons ander mense se tyd ag.

Moet ons of moet ons nie…

Eendag op ‘n reendag, gewoonlik ‘n Donderdag voor ‘n langnaweek, bel jou argitek jou…en boom! Jy besef daar is een van twee goed:

No.1 ons het ons erg misjudge met bou kostes…of

2. Ons argitek kry footjie by al die kontrakteure…en almal gaan gou ryk word.

Nou is die probleme soos volg:

1. Skielik is ons lus geblus.

2. Ons het nie daai tipe geld nie.

3. Ons is nie lus vir hope skuld nie.

4. Ek het duur smaak – dis seker die moersste grootste ding wat tot al die probleme bydra.

En die oplossing is:

1. Verkoop aandele en wuif Afrika vaarwel toe…ek is in anyway nie meer lus vir al die reis nie. Hoop en bid ons Group CEO het geld…ek speel Lotto en Lotto Star…mens kan mos droom.

2. Ek wag vir ‘n teken – iets – iemand – om vir my te sê wat is die volgende fase van my lewe.

3. Verkoop erf met ons droomhuis planne wat klaar goedgekeur is as ‘n pakket. Snik…of moet ons net ons oë toeknyp en bou? Kan ‘n huis in Mauritius koop vir selfde geld?

Ons gaan al die geld wat ons nog nie het nie in die bank sit en hierdie haatlike huis verf en smous en ons gaan net werk want ons wil…en ons gaan ons kinders nog meer bederf. Weet net nie waardehel gaan ons moet al ons aardse goed nie? Met die geld wat ons nog nie het nie….

Stille storm

Daar woed ‘n storm in my hart. Weet nie hoe lank ek dit nog in beheer kan hou nie.

Ek haat ons huis. My man LOVE ons huis. Ek wil trek…hy weet dit nie. Hy sê hy hou nie van changes nie, ek moet bly wees (sy grappie), maar dit is rerig so. Selfde dronkgat vriend al 35 jaar. Selfde dorp al 49 jaar. Sê reguit hy sien nie kans om te trek nie.

In die aande as hy slaap Google ek al wat Property 24 huis te huur is. Ek wil hier weg. Hierdie kak dorp gaan beslis nie my aftreedorp word nie. Hierde haatlike huis met al die waterlekke…waar ons al 2 keer gehijack is. Nog een keer ‘n gewapende rooftog. Vuurwapens teen my kind se kop…dogter wat huil. Ja ons het gegaan vir beranding maar ek is befok. Die huis staan uit…ek wil trek. Ja ek verstaan mens moet bid ens ens ens maar ek wil nie wag vir die volgende insident nie.

Maandag gaan ek Lusaka toe vir werk. Hoe los ek my ou blondekop blou-oog dogtertjie alleen hier? Pappa lewe in ‘n gekke-paradys waar alarms eers 21.30in die And geaktiveer word en skuidfeure oop bly van 6 soggens tot 9 saans.

Die moerse huis waarin net ons 3 tjies bly moet geverf word….al die water bubbles binne in huis moet reggemaak word. Tuinjong  mag maar hele dag in sy kamer sit met meneer se toestemming…gister het ek hom opdrag gegee om die kristal kandelabra skoon te maak. Vandag sal hy die verf wat afchip in die huis polyfilla…manlief word keaad as ek vir tuinier werk gee, maar sy gat…ek het genoeg gehad.

Ek sal seker maar oor die naweek die trek bom laat bars…met of sonder hom. Ek gaan. Ek wil my kinders uit Brakpan kry!!!